Nou oop!

2025

REGISTRASIES

Nou oop!

2025

REGISTRASIES

LAERSKOOL DIE POORT,

DIE TUISTE VAN DIE KAALVOET-POORTJIES

Waar kinders nog kinders kan wees.

HOE TRAP ‘N KAALVOET-POORTJIE SPORE?

Laerskool Die Poort is ‘n klein skool met ‘n groot hart!


Ons is ‘n skool waar elke kind nog raakgesien word en geleenthede kan kry om te ontwikkel. Baie skole bied dalk dieselfde aan, maar met ons landelike “plaas” gevoel en boomryke terrein is daar ‘n ontspanne atmosfeer waar die presteerders en ontdekkers hulle eie weg kan baan.


‘n Kaalvoet-Poortjie is ‘n kind wat nog behoorlik kind kan wees, wie se ouers in die aand die voete moet skoon skrop na ‘n dag se speel en leer met kaalvoete. Geen aangeplakte formele kleredrag, selfs ons hoofleiers loop amper heel jaar kaalvoet. ‘n Kaalvoet-Poortjie is ‘n gelukkige kind wat met speel die leerkry klaarkry.


Al die take en aktiwiteite wat ons by die skool aanpak word gedoen met ons boustene en waardes in gedagte: karakter, balans en respek. Ons glo dat hierdie waardes die fondasie lê vir leerders om op alle terreine hul volle potensiaal te ontwikkel.


Laerskool Die Poort is ‘n skool waar jou kind uitstaan en nie verdwyn in getalle nie. ‘n Skool waar onderwysers meer as die ekstra myl stap. ‘n Skool waar jou kind kaalvoet skool gaan en nog elke oomblik van hul kindwees kan geniet.

POORTJIE WAARDES

TROTSE POORTJIE-BORGE

Ons is dankbaar om hande te kan vat met besighede in ons gemeenskap wat hul spore op die skool se terrein trap om ‘n blink toekoms te verseker.

PROJEK HOOP

Projek Hoop is in 2013 deur een van ons ouers gestig. Laerskool Die Poort is só dankbaar vir hierdie inisiatief wat HOOP gee aan ouers en leerders van Laerskool Die Poort wat minder bevoorreg is.

Danksy maandelikse bydraes en donasie vanaf ouers en besighede, kan ons die kinders wat nie al die voorregte van ons ander leerders het nie, die geleentheid gee om hulle potensiaal te verbeter en te ontwikkel.


Ons kan aan u die versekering gee dat die bestuur en personeel van Laerskool Die Poort hierdie projek baie oordeelkundig bestuur.


Die bydraes wat aan die projek gemaak word word gebruik om:


Hier volg ‘n bietjie statistiek om te wys waarvoor u bydrae maandeliks gebruik word:

  • Leerders van Gr R – Gr 7 wat terapie of professionele hulp benodig, word finansieel ondersteun.
  • Finansiële ondersteuning van Jakaranda Kinderhuis leerders om optimal by die skool te kan deelneem.
  • Ons voorsien kospakkies aan behoeftige gesinne soos nodig.
  • Projek Hoop gee ook aan kinders in ’n tyd van onsekerheid, klere en komberse.
  • Die skool se Broodjie-projek word deur Projek Hoop ondersteun.
  • Ondersteuning met vervoeruitdagings indien daar werklik ‘n probleem is.
  • Leerders wat nie skooltoere en sportaktiwiteit wat deur die skool aangebied word kan bekostig nie, word ook uit Projek Hoop gehelp.
  • Enige sosiale gebeurtenisse wat by die skool plaasvind en daar kostes aan verbonde is, word daar vir hierdie leerders uit Projek Hoop betaal sodat hulle ook kan deel hê aan al die pret by Laerskool Die Poort.

KLEREBANK & KLEREVERSKAFFER

Verskaffers van ons skoolklere is Totiusdal Handelshuis in Waverley en Overkruin Uitrusters in Magalieskruin.
No Limits is ons nuwe verskaffer van sportklere; sweetpakke en LOPV klere: https://nolimits-store.com/collections/poortjies-lo-drag

TYE WANNEER DIE KLEREBANK SAL OOP WEES SOWEL AS PASTYE VIR NUWE GR 1-KLERE EN SPORTDRAG
Die klerebank is op die volgende tye oop:

Dinsdae en Donderdae: 07:00 tot 14:15, m.a.w. die hele oggend.
Die klerebanklokaal is langs Juf. Adri Jenkins se klaskamer (K14).
Geen ouer of leerder sal op ander tye toegang tot die klerebank hê nie.

SKOOLURE

Die skooldag begin daagliks 7:30 (eerste klok lui 7:25 vir aantree) en eindig as volg vir die volgende grade:

Gr R en RR: 13:00
Gr 1: 13:30
Gr 2: 13:30
Gr 3 – 7: 13:45

Pousetye is daagliks vanaf 9:45 – 10:00 en weer 12:00 – 12:15.
(Pousetye kan wissel in eksamen- en toetstye asook a.g.v. ander aktiwiteite wat by die skool plaasvind.)

DISSIPLINE

Die doel van dissipline is om ‘n veilige, gestruktureerde en ordelike omgewing te skep waarin leerders kan leer en groei.
Dissipline fokus op die ontwikkeling van positiewe gedragspatrone, respek vir mede-leerders en opvoeders, selfbeheersing en verantwoordelikheid. Hierdie dissiplinêre beginsels help om die leeromgewing produktief en ondersteunend te maak.
Dissipline is dus ‘n noodsaaklike komponent van ‘n goed-funksionerende skoolomgewing en dra by tot die algehele ontwikkeling van leerders. Die dissiplinêre stelsel is opgestel in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996, met behulp van insette van die betrokke rolspelers.